WEES ‘N NAVOLGER VAN CHRISTUS

WEES ‘N NAVOLGER VAN CHRISTUS

Sakkie Parsons

Na aanleiding van iets wat ek gelees het, het die volgende gedagte by my opgekom, wat ek met jou wil deel.

Moet nooit mense volg wat nié navolgers is van Jesus Christus nie.

Onthou ook:

Daar is mense by wie ‘n mens tyd spandeer en daar is mense by wie jy tyd belê.

Ek moet daarna strewe om, jy kan maar sê, ‘n makelaar van Jesus Christus te wees.

1KOR 10:31 Wat julle ook al eet of drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.

Paulus was byvoorbeeld iemand vir wie ons met groot vrymoedigheid kan volg.  Hy skryf dan ook:

1KOR 11:1 Volg julle dan my voorbeeld, soos ek weer Christus s’n volg.

Verkondig deur jou lewe in liefde altyd die Evangelie aan almal, maar wees versigtig met wie jy meng en wie jy deel van jou vriendekring maak.

Ons het ‘n Afrikaanse gesegde wat sê:
“Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou.”

Jesus stel dit so:

MAT 7:6  “Moenie wat heilig is vir onheilige mense gee nie.  Hulle sal dit nie respekteer nie.  Hulle sal soos honde omspring en julle verskeur.  Moet ook nie julle kosbare pêrels vir elke morsige hierjy aanbied nie.  Hulle sal dit nie waardeer nie, maar dit vertrap soos varke onder hulle pote.”
                 

Groete,
Sakkie