WORD CHRISTENE VANDAG NOG VERVOLG?

WORD CHRISTENE VANDAG NOG VERVOLG?

Sakkie Parsons

Ek luister onlangs na nuus aangaande ‘Geopende Deure’ se statistieke van Christene

wat oor die wêreld heen vandag vervolg word weens hul geloof in Jesus Christus, wat ek graag met jou wil deel.

Ek deel graag eers met jou die nuutste statistieke wat ek tot my beskikking het en dan wys ek jou hoekom ons, die Christene so, jy kan maar sê, gerieflik vervolg kan word.

Na die statistieke, deel ek met jou net drie, en glo my daar is meer voorbeelde wat ek kon gebruik het, wat ons Godsdiens uniek/enig is sy soort maak en ook die enigste Godsdiens (‘n beter woord is “leefwyse”) is, as al die ander godsdienste in die wêreld:

“Daar is wêreldwyd ’n toename in die aantal lande waar Christene vervolging weens hulle geloof ervaar. Volgens die organisasie wys hulle opnames, sedert hulle 31 jaar gelede met die lys begin het, dat die aantal lande waar Christene hoë vlakke van vervolging ervaar amper verdubbel het vanaf 40 lande in 1993 tot 78 lande in 2024. 

WWL 2025 in syfers

Die belangrikste tendense van die 2025 WWL is:

  • Altesaam 4 476 Christene is wêreldwyd doodgemaak weens hul geloof.
  • Vyf van die top 10 lande op die 2025 WWL is in Afrika.
  • Daar was 28 368 aanvalle op Christene se huise, winkels of ondernemings weens geloofsverwante redes.
  • Altesaam 16 miljoen Christene in sub-Sahara Afrika het gedwonge ontworteling weens geweld deurgemaak.
  • Meer as 380 miljoen Christene wêreldwyd staar hoë vlakke van vervolging en diskriminasie in die gesig.

Vervolging is enige vorm van vyandigheid wat ervaar word as gevolg van die navolging van Jesus. Dit kan anders lyk vir die honderde miljoene gelowiges wat elke dag vervolging in die gesig staar.

Vir sommige is dit ‘n ontkenning van basiese behoeftes soos skoon water, kos en gesondheidsorg, vanweë hul geloof in Jesus. Of verwerping van hul nie-Christelike familie en gemeenskap. Vir ander is Christelike vervolging dade van fisiese geweld, tronkstraf of selfs die dood.”

Tot sover dan die statistieke van die vervolging van GOD se kinders  in 2024– hulle wie Jesus Christus aangeneem het as hul persoonlike Verlosser, Redder en Saligmaker.

Hierdie vyandige gesindheid teenoor ons as Christene, kan wissel van byvoorbeeld wanneer jy gespot en verwerp word oor jou geloof in Jesus, tot waar jy gemartel en vermoor word oor jou geloof in Jesus. 

Nou deel ek met jou net drie verskille wat ons Christen geloof onderskei van alle ander godsdienste, want anders gaan hierdie skrywe baie lank wees en die eerste een, is dan ook die rede waarom ander godsdienste wat hulle godsdiens met geweld op mense wil af dwing, die Christen gelowiges so maklik teiken.

Eerstens, is die Christen-geloof  die enigste geloof in die wêreld wat deur omtrent alle ander godsdienste aggressief en weldadig vervolg word en een van die redes, uit ‘n menslike oog gesien, is natuurlik omdat die Christen-godsdiens nie ‘n godsdiens is van vergelding/weerwraak en om in eie munt terug te betaal nie. Inteendeel – Ons geloof bestaan juis daaruit om die Skepper van die heelal, wie ‘n God van liefde is, en nie net ‘n God van liefde is nie – maar wie Self liefde is – se Gees wie in ons is, aan die mense uit te straal.

1JHN 4:8  Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.

1JHN 4:9  Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe

Jy kan maar sê ons is sagte teikens, wat satan deur mense in ander godsdienste misbruik deur daardie mense te laat verstaan, dat die Christene sagte teikens is.

Jesus, wat die ergste vervolging ervaar het vir ons verlossing en reddingsê oor vervolging die volgende aan ons:

JOH 15:18-23 

18As die wêreld julle haat, weet net dat hy My voor julle reeds gehaat het. 

19 As julle uit die wêreld ontstaan het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie uit die wêreld ontstaan het nie, maar Ek julle uitgekies het uit die wêreld – daarom haat die wêreld julle.

20Onthou wat Ek vir julle gesê het: ’n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my boodskap ter harte geneem het, sal hulle julle s’n ook ter harte neem. 

21 Hulle sal al daardie dinge aan julle doen ter wille van my Naam, omdat hulle Hom wat My gestuur het nie ken nie

22 As Ek nie gekom het en met hulle gepraat het nie, sou hulle nie skuld gehad het nie, maar nou het hulle nie ’n verskoning vir hulle sonde nie. 

23 Die een wat My haat, haat ook die Vader.

MAT 24:9-13

9 “Dan sal hulle julle arresteer, vervolg en doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle mý mense is.

10 “In daardie tyd sal baie mense hulle geloof afsweer en mekaar uitlewer en haat

11 Daar sal ook talle vals profete verskyn en hulle sal baie mense op ’n dwaalspoor bring. 

12 Die sonde sal so toeneem dat baie se liefde sal afkoel

13 Maar elkeen wat enduit volhard, sal verlos word.

MAT 5:10-11

10 Gelukkig is dié wat vervolg word

ter wille van wat voor God reg is,

want die koninkryk van die hemele is húlle deel.

11 “Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is. 

12 Wees bly, ja, jubel daaroor, want God sal julle ryklik daarvoor beloon. Onthou, so het hulle die profete voor julle ook vervolg.”

Dan kom my groot held Paulus en hy onderstreep wat Jesus se evangelie ons leer; van hoe ons ons Here se evangelie moet verkondig deur ons lewe teenoor ons vyande – wanneer hy onder leiding van die Heilige Gees skryf:

ROM 12:18-20

18  Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense.

19 Geliefdes, julle moet julleself nie wreek nie. Laat die straf aan God oor. Daar staan mos in die Skrif:

Dit is mý reg om te straf;

Ek sal vergeld,

sê die Here.”

20 Doen eerder wat die Skrif sê:

“As jou vyande honger is,

gee aan hulle iets om te eet.

As hulle dors is, les hulle dors. …

Natuurlik mag ek myself en my geliefdes en dit waarvoor ek lief is beskerm – maar ek moet altyd mense in liefde vir Jesus se koninkryk probeer wen.  Nooit deur dwang nie, want dit is sommer net boos om iemand so tot geloof te probeer bring.

Onthou jy wat Jesus, omdat Hy ‘n God van liefde is,  vir ons in Sy liefdesevangelie geleer het?  En onthou as jy dit lees:  Dit is God wie mens geword het wat dit vir ons sê:

MAT 5:43-48  Julle liefde moet sonder grense wees

43“Julle het gehoor dat gesê is: ‘Jy moet jou eie mense liefhê, maar jy hoef nie jou vyand lief te hê nie.’ 

44 Maar Ek sê vir julle, julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg. 

45 Só sal julle optree soos ware kinders van julle hemelse VaderHy laat immers sy son opgaan oor slegtes en goeies. En Hy laat sy reën val op dié wat reg doen, maar ook op dié wat verkeerd doen.

46 “As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter beloning is daar dan vir julle? Selfs korrupte tollenaars doen presies dieselfde

47 En as julle net julle eie mense groet, wat besonders doen julle dan? Doen die ongelowiges nie ook maar dieselfde nie?

48 “Wees julle dan volkome in julle liefde, soos julle hemelse Vader volkome in sý liefde is. Hy het mos álle mense lief.”

Lees net hier, hoe het Jesus toe opgetree teenoor Sy vervolgers, nadat hulle Hom gekruisig het:

LUK 23:34 Daarop het Jesus gesê: “Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie!”

Hoe moet ons as Christene dus optree teenoor die wat ons vervolg?

ROM 12:14 seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie;

Die NLV stel dit so:

ROM 12:14 As mense julle oor julle geloof vervolg, moenie ’n vloek oor hulle uitspreek nie, maar vra God om hulle te seën.

1 PET 3:9 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terug beledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet ’n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën.

Nog ‘n groot verskil tussen ons Christene se geloof teenoor alle ander gelowe is, dat ons godsdiens die enigste godsdiens is waar God Almagtig in Sy groot liefde eerste na die mens uitgereik het.

Al die ander godsdienste het hierdie en daardie wat jy eers moet doen om God, om dit so te stel, se goedkeuring te kry om in die hemel te kom – maar ons verkondig, dat God eers in Sy groot liefde na ons mense toe gekom het, omdat Hy in ‘n liefdesverhouding met ons wou wees, as ons Hom toelaat en ek noem net twee voorbeeld:

JOH 3:16-17

16   “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

17  God het immers nie die Seun na die mensewêreld toe gestuur om die mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur Hom verlos kan word.

EFE 2:8-10 (NLV)

8 Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ’n gawe van God.

9 Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie, 10want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.

Die wáre Christen, leef in ‘n liefdesverhouding met ons Here.

Is daar vergifnis vir ‘n vervolger en moordenaar wat hom bekeer tot God deur geloof in Jesus Christus?

Ja, absoluut!

‘n Voorbeeld in die Bybel van een van die grootste Vervolgers van sy tyd van Christene, wat genade en vergifnis van ons liefdevolle Jesus ontvang het, en daarna een van die mees toegewydste Apostels geword het om die Evangelie te verkondig, is die apostel Paulus:

HAN 9:1-2  Jesus die Here gryp magtig in Saulus se lewe in

1 Intussen het Saulus met elke asemteug dreigemente uitgespreek. Hy wou die volgelinge van die Here doodmaak, en het daarom na die hoofpriester toe gegaan. 2 Hy het briewe van hom aan die sinagoges in Damaskus gevra waarin hulle versoek word om hom te help om dié wat aan “Die Pad” behoort, mans én vroue, op te spoor, en hulle geboei na Jerusalem toe te bring. (Lees gerus verder in die Woord oor die wonderlike bekering van Paulus)

Na sy bekering skryf Paulus:

1 COR 15:9-10

Ek is werklikwaar die geringste van al die apostels, een wat die naam van ’n apostel nie werd is nie omdat ek God se kerk vervolg het.

10 Maar deur God se genade is ek wat ek vandag is. Hy het sy goedheid nie tevergeefs aan my bewys nie. Ek het harder gewerk as al die ander – en tog was dit ook weer nie ek nie, maar God se goedheid wat my gedra het.

Ten slotte:

Hoe het GOD Sy liefde aan my en jou bewys en ons die liefdevolle genade gegee om in ‘n liefdesverhouding met Hom te leef?

1JOH 4:9-10  

9 Op hierdie manier het God sy volmaakte liefde aan ons bekendgemaak toe Hy sy enigste Seun na die wêreld toe gestuur het sodat ons deur Hom die lewe kan ontvang.

10 Dít is volmaakte liefde:

nie dat ons vir God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun as versoeningsoffer gestuur het om ons sondes weg te neem.

Groete,

Sakkie

E-pos:  bediening@sakkieparsons.co.za