aQuelle Jacaranda City Challenge 12 November 2022

Ek deel sommer vir die groot heerlike dankbaarheid in my hart met jou hierdie 2 foto’s van die 10 kilometer wedloop waaraan ek die liefdevolle genade van ons HERE gehad het om te kon hardloop.
Saam met my op die foto is my wonderlike gids Marix en haar man Hennie Venter.
Hennie sorg dat ek altyd veilig by die wedloop kom en weer na die wedloop veilig by die huis kom en Marix lei my altyd veilig deur die hele wedloop en laat my ook soms hardloop waar ek liewer sou wou stap.
Ek dank ons Here, dat ek so deur Hom toegelaat word om die een van my twee groot passies uit te leef.
My grootste passie is natuurlik om die liefde vEangelie van redding van Jesus Christus aan mense oor te dra.

Groete en Mooi Loop,
Sakkie.