CHAMBERLAIN CAPITAL CLASSIC 21KM WEDLOOP 0P 7 OKTOBER 2023

Ek deel graag met jou, my ondervinding van 7 Oktober 2023 se 21.1 kilometer wedloop ondervinding.

Dit het baie lekker begin.

Die dag was 6vm toe nog nie te warm nie maar van ongeveer 16 kilometer het dinge menslik gesproke begin verkeerd gaan.

Eers het my gids se man geval maar hy was soos ‘n bal wat jy hop.  Hy het omtrent soos ek dit kon optel, net die grond geraak toe is hy weer op en ons gaan aan.

Toe ‘n kort tydjie later begin ek krampe kry en dit het net erger en erger geraak en was met my tot aan die einde.

Gelukkig was die ambulans wat altyd op so ‘n wedloop teenwoordig is drie keer byderhand om my te help maar dit het elke keer baie tyd geneem en saam met die feit, dat ek maar kort-kort moes stop om krampe weg te vryf, of weg te stap, het dit my 3 uur 26 minute 19 sekondes geneem om klaar te maak.

Met ander woorde ek het 3 minute en 41 sekondes voor die afsnytyd kon klaarmaak  en so my medalje kon kry.

Ek het egter ook tot die vir my ongelukkige slotsom gekom, dat ek te oud geword het vir 21.1 kilometer wedlope maar ek is net so, so baie dankbaar teenoor ons Here, dat ek dit tot nou toe in my 76de jaar nog kon doen.

Ek gaan my nou bepaal by 10 kilometer wedlope en dalk nog so ‘n 15 kilometer wedloop of twee of drie of ….

Dankie dat ek hierdie stukkie geskiedenis uit my lewe met jou kon deel en sommer vir die lekker daarvan deel ek ook met jou van die foto’s uit hierdie wedloop

Ten slotte moet ek dit net duidelik noem Ek het dit kon doen deur die liefdevolle genade van ons Here en die wonderlike gids Marix Venter wat ons Here my gegee het en my al die tyd aangemoedig het en my so nog in tyd oor die wenstreep gelei het.

Groete met Jesus liefde en mooi loop.

Sakkie.