Die Phobians 15 kilometer wedloop op die 20ste Augustus 2022

Ek het die 20ste Augustus 2022 saam met my gids, Marix Venter en haar man, Hennie Venter die Phobians 15 kilometer wedloop gehardloop en die gepaardgaande foto’s is net om te getuig hoe wonderlik ons Here my seën in my liefde vir die hardloop sport.

Soos jy sien het Pedro, my gidshond ook ‘n medalje gekry.
Een van die wedloop beamptes het gesien hoe rustig Pedro gewag en uitgekyk het wanneer ek gaan inkom en toe gesê, dat hy ook ‘n medalje moet kry en toe kry hy sy medalje nog voor ek myne gekry het.
In die wedloop self het my gids soos altyd so mooi en bedagsaam gesorg dat ek nie in iets vas hardloop nie.
Daarvan gepraat –
Daar was een plek, net na ‘n waterpunt, dat ek amper in die bad – waar almal in die verby hardloop hulle leë watersakkies ens gooi – geval het maar dit was omdat ek so gemaklik en rustig langs my gids beweeg het, dat ek vir ‘n oomblik nie opgelet het hoe sy na die regterkant toe beweeg het nie.  Gelukkig het sy dit betyds gesien en gekeer dat ek dalk lekker hard val.

Ek dank ons Here, dat ek Sy liefdevolle genade ontvang om nog steeds, oppad na my 76ste verjaarsdag my sport te mag beoefen met die hulp van Marix wat vir my so ‘n goeie gids is en haar man Hennie wat altyd sorg dat ons betyds by die regte plek uitkom – Al hardloop hy in die wedloop vir ons weg.

Romeine 8:28 “En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens Sy doel vir hulle lewe.”

Seëngroete,
Sakkie Parsons