GEORGE CLAASEN WEDLOOP 21 JANUARIE 2023

Ek deel graag met julle die 4 foto's van my 10km wedloop op 21 Januarie 2023.

Liza Groenewald was my gids gewees in hierdie wedloop.  Sy oefen tans vir die Comrades.  

Marix, wat gewoonlik my gids is, was na 'n begrafnis toe en haar vriendin Liza het toe saam met my die 10km gedoen.

Liza is vinniger as ek, maar ten spyte daarvan het sy ingestem om my gids in hierdie wedloop te wees.  Ek is baie dankbaar teenoor ons HERE en teenoor Liza vir 'n heerlike, wonderlike wedloop.

Hartlike groete,

Sakkie Parsons