INTERCARE CLASSIC 21KM FEB 2023

Ek deel graag met jou my ondervinding, ek wil eintlik sê, die avontuur wat ek met hierdie 21 kilometer wedloop gehad het.

Toe ons begin het, was ek in geweldige spanning, wat ek, so glo ek, goed weggesteek het vir Marix, my gids en Hennie haar man wat soos altyd, saam met ons gehardloop het.
Die rede waarom ek so gespanne gewees het, was, dat as ek nie die afsnytyd gaan maak en my medalje kry nie, hulle ook nie hulle medaljes gaan kry nie.
Die spanning was so erg, dat ek na twee kilo’s gevoel het, dat ek nie 5 kilometer gaan haal nie.
By die 6 kilometer merk, het ek dit oorweeg om vir Marix te vra om my langs die pad te los.  Ek sou dan maar wag vir die paramedici as hulle verbykom om my na die einde te neem.
Net na die 9 kilometer merk moes Marix al iets agter gekom het want het sy vir my gevra hoe voel ek.
Ek moes seker nie baie goed gelyk het nie, want het sy vir my gesê toe ek vir haar sê ek is nog reg om aan te gaan, het sy vir my gesê, dat sy nou nie wil hê ek moet dood gaan nie. ☺ ☺
Ek het darem so in my binneste moes glimlag en het vir myself gesê, dat ek darem regtig nie goed moet lyk nie.
By die 10 kilometer vir by het ek begin beter voel, al was dit nou nie baie beter nie en ek dink dit was omdat ek myself getroos het met, dat ons darem nou amper by die halfpad merk is.
Toe, as ek reg onthou, net na die 16 kilometer merk, tref ‘n ongeluk my.
Ek het geval en seker omdat my spiere nou nie meer in daardie ritmiese hardloop modem was nie, het toe ek regop gaan sit het in die pad, my bene geweldig begin kramp.  Veral my regter kuit.
Hier het ons Here ook weer soos so baie in my lewe, op ‘n sigbare wyse ingetree.
Terwyl Hennie sy beste probeer het om die krampe te help uit kry, dit was seker so tussen 3 en 5 minute, hou een van die ambulans wat in elke goeie georganiseerde wedloop betrokke is, langs ons stil en die paramedici is dadelik by om te help.
Hulle begin toe my tekkies uittrek en het die een al uit gehad, toe ek tussen die krampe deur dit agterkom.  Ek het hulle toe dadelik gestop, want, het ek vir hulle gesê, ons mors nou baie tyd en hulle het toe gelukkig nie die linkervoet sin ook uitgetrek nie.
Hulle tel my toe op en begin my te dra en ek het vir hulle gesê, dat hulle my nie in die ambulans mag sit nie.
Hulle het my toe langs die pad neer gesit en tussen hulle en Hennie het hulle die krampe uitgekry en het Hennie my gehelp en my weer op my voete gekry.
Ons het toe weer begin draf.
Ek dink ons het daar langs die pad tussen 5 en sê, so 8 minute verloor.
Op 19 kilometer het ek finaal besef ons gaan nie die afsnytyd maak nie en dit was nie vir my ‘n lekker laaste 2 kilometer nie.
Toe kom ons by die einde aan en ons is 2 minute en 34 sekondes te laat vir ons medaljes.
Ek staan toe daar langs die einde baie moeg en baie teleurgesteld met myself oor dat my gids wat so geduldig was en al die pad my so mooi gelei het en haar man Hennie wat my so mooi gehelp het toe ek die krampe gekry het, ook nie hulle medaljes gekry het nie.  Hulle kon my daar by die medici gelos en sou dit nog gerieflik gemaak het maar hulle het nie.
Ek staan nog so aan die dinge en dink, toe kom een van die wedloop beamptes na my en sê vir my:
“Jy verdien ‘n silwer medalje.”
En hy sit ‘n silwer medalje in my hand.
Ek was vir ‘n tyd lank verdwaas en toe dring dit so tussen die moegheid en die krampe wat weer, so wil-wil begin deur wat hy vir my gesê het.
Ek hoor toe ook ‘n bietjie later, dat hy na Marix en Hennie toe ook gegaan het en vir hulle elkeen hulle medaljes gegee het.
Toe kon ek weer onthou wat ek altyd onder aan my briewe uit die kosbare Woord van ons Here plaas:

Romeine 8:28 “En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens Sy doel vir hulle lewe.”

Ek moet ook net hier noem, dat daardie paramedici en al die beamptes van hierdie wedloop langs die pad en natuurlik by die einde so professioneel en vriendelik was.
Dit was werklik ‘n uitstaande georganiseerde wedloop.  Wat ek nie vir die eerste keer gehardloop het nie en wat ek, as ons Here wil en ek lewe nie vir die laaste keer gehardloop het nie.
Verder kan ek maar net dit uit jubel:

1TIM 1:17  Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.

Jesus groete.
Sakkie.