Martiens en Vinkie

Ek deel graag met jou hierdie paar foto’s uit my seun, ook my jongste, se troue.  Waar ek ook die groot liefdevolle genade van ons Here ontvang het om die Christelike sy van die huwelik waar te neem.
My seun het uit die skool in die polisie ingestap waar hy nou nog steeds is en in die proses vir hom die wonderlikste vrou en vir my die wonderlikste skoondogter gevind het en soos hy nou maar is, doen hy nie net ‘n ding goed nie, hy doen dit sommer báie goed.
So met ‘n breë glimlag en ‘n heerlike trotse gevoel in my hart –
Hy laat toe ook nie dat rang hom intimideer nie en neem toe sommer vir hom die pragtigste kolonel as vrou.
Ek kan maar net weer sê –
Ek is trots op my seun en baie dankbaar vir die wonderlike dogter wat ek bygekry het.

Sakkie.

NS.  Ek het ook ‘n gedagte uit die Woord geskryf oor die belangrikheid van ‘n Christelike seremonie by ‘n huwelik, wat ek met groot liefde ook met jou sal deel as jy dit aanvra.