My en Pedro se 9de Nuwejaar

Ek hoop jy wat hier lees het sommer ‘n wonderlike feestyd geniet.

Mag jou verhouding met ons Here hierdie jaar net nog meer verdiep.

In verband met hierdie foto:

Ek het myself voorgeneem dat ek ‘n foto gaan laat neem van my en Pedro (my gidshond) se 9de Nuwejaarsdag saam, en hierdie foto is geneem op die eerste Januarie 2024.

Dit is om my en Pedro se 9de Nuwejaar saam te herdenk.

Net ‘n paar getalle wat hierdie foto aanbetref:

Ek en Pedro stap al ‘n pad saam vanaf September 2015.

In honde jare, verdra hy my al 63 jaar.

Hy word in menslike taal die 9de Februarie van hierdie jaar 10 jaar maar in honde jare 70 en sy baas wat vir hom sing, word kort daarna 77.

So met ‘n glimlag – Ek gaan wraggies nie my jare ook omsit in honde jare nie.

Ook net nog dit:  Met hierdie kitaar wat my Pa vir my in 1979 gekoop het, het ek ook omtrent al my liedere by ons HERE gekry.

 

Groete met Jesus liefde en mooi loop.

Sakkie