My Kleinseun Gerrie het in die huwelik getree

Op 20 Januarie 2024 het my kleinseun Gerrie van Zyl in die huwelik getree.

Hier het ek die groot voorreg om tussen hom en sy pragtige bruid te staan.

Ek weet sy is pragtig, want almal het dit so aan my vertel maar ek het dit ook in haar mooi vriendelike gesindheid teenoor my so ervaar.

Ek en my vrou, wie nou by Jesus is, het die grootse voorreg gehad om na hom te kyk, vanweë my dogter se werksomstandighede, vir lank, toe hy nog ‘n klein baba gewees het en kyk nou net na die verskil!

Ek kan nie glo dit was daardie klein babatjie met wie ek op en af in die gang gestap het om hom aan die slaap te kry nie.

Vandag kan hy heelwaarskynlik met my in sy arms op en af in die gang stap.

Groete met Jesus liefde.

Sakkie.