‘n Kort getuienis, ‘n wenresep

Dankie Dat jy ook hierdie afdeling van my webtuiste besoek het en ek deel sommer vir die lekker daarvan, omdat my gids uit die tagtigerjare van die vorige eeu dit aan my beskikbaar gestel het en saam daarmee is ‘n foto oor ‘n berig wat oor my wyse van oefen met my witkierie, destyds in die Beeld verskyn het.
Toe iemand die foto’s vir my beskrywe, het my gedagtes onwillekeurig teruggegaan na die Woord en daar waar ons Lees:

Pre 12:1  En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie—

Jy kan, om dit so te stel, ‘n wonderlike oudag hê. Ek kan nou nie sê dat jy baie, wat aardse goedere aanbetref gaan hê nie maar jy kan ‘n wonderlike gelukkige, vredevolle oudag belewe, as jy sorg dat jou verhouding met ons Here reg is.
Ek weet, want ek is daar maar ek waak al die tyd daar teen om my oë geestelik van ons Here af te haal en so ver kan ek getuig, dit is ‘n wenresep!

Ek groet jou met wat ek kort na my bekering in 1973 my leuse in my hart gemaak het en waarmee ek alles hanteer, ook dit wat satan oor my pad bring:

Romeine 8:28 “En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens Sy doel vir hulle lewe.”