PWC GEORGE CLAASSEN 10 KM WEDLOOP

PWC George Claassen 10 kilometer Wedloop

Dit is vir my heerlik om hierdie foto’s en inligting oor nog ‘n wedloop wat ons Here deur Sy groot liefdevolle genade my toegelaat het, om met die hulp van Marix en haar man Hennie Venter, aan deel te neem en binne die afsnytyd te voltooi.

Ek deel die volgende inligting oor die wedloop met jou en ek weet uit ‘n menslike oogpunt gesien is dit nou nie wafferse syfers nie maar toe my dogter dit aan my stuur nadat sy gaan kyk het na die uitslae op die wedloop se webtuiste, was die heerlike gedagte in my hart wat my so lekker laat voel het:

Was dit nie vir ons Here se liefdevolle genade en Marix en Hennie venter se bereidwilligheid om my saam met hulle te laat hardloop nie, sou ek nie daardie heerlike uitstappie op Saterdag 10 September 2022 gehad het nie.

In die ouderdomsgroep 70 tot 80, was daar 17 inskrywings en ek was 9de.
In die ouderdomsgroep75 tot 80 was daar 8 inskrywings en ek was 5de.

Ek is ook dankbaar, dat Lynette daar gewees het om ‘n paar foto’s te neem wat ek nou met jou kon deel.

Dankie dat jy hierdie Webtuiste besoek het en ek hierdie foto’s en geleentheid met jou kon deel.- alle eer aan ons HERE!

Groete,

Sakkie.

Romeine 8:28 “En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens Sy doel vir hulle lewe.”