SPIRIT OF FLIGHT 10km WEDLOOP

Ek deel graag met jou hierdie volgende heerlike getuienis in my lewe wat ons Here my mee geseën het:

Ek het die voorreg gehad om deur die liefdevolle genade van ons Here, saam met Hennie Venter as my gids, die SPIRIT OF FLIGHT 10 kilometer wedloop te hardloop op die 3de September 2022.

Hennie Venter is die eggenoot van my gereelde gids Marix Venter.

In my ouderdomsgroep van bo 70, was daar 5 inskrywings.
Ek het tweede in daardie ouderdomsgroep gekom met 'n tyd van 1uur, 18min, 23 sekondes.en die persoon wat eerste in ons groep was, was so ongeveer 4 minute voor my.
Die persoon wat derde in ons ouderdomsgroep was, was net so oor die 10 minute agter my.

Soos jy op die foto’s kan sien, was dit vir my ‘n heerlike ervaring.

Net die liefdevolle genade van ons Here af om die voorreg te mag geniet om dit te kon doen met die hulp van mense soos Hennie en Marix, is net so ‘n groot seën uit die hand van ons Here.

PSM 135:3  Prys die Here,
want die Here is goed;
sing tot eer van sy heerlike Naam.

Groete,

Sakkie.