WALLY HAYWARD 10KM WEDLOOP 1 MEI 2023

WALLY HAYWARD 10KM WEDLOOP 1 MEI 2023

Ek deel graag met jou hierdie heerlike ervaring van die Wally Hayward 10 kilometer wedloop, wat ek ‘n dag na my 76ste verjaarsdag op 1 Mei 2023 gehardloop het.

My gereelde gids kon hierdie wedloop nie saam met my hardloop nie maar sy het haar vriendin, Annalie Du Plessis, wat ook hardloop en ook ‘n lid van Agape (ons Christen klub) is, gevra om saam met my te hardloop en wat ‘n heerlike ondervinding was dit nie.

Duisende mense het die dag gehardloop maar ek was sommer al binne die eerste ongeveer 500 meter heeltemal op my gemak, omdat ek ervaar het dat ek Annalie ten volle kan vertrou. Sy het met so ‘n sagte Jesus gesindheid my die hele wedloop gelei en waar ek
soms baie moeg geraak het, met so ‘n mooi gesindheid maar ook haar pas verslap, waar ek dit moes doen.

Ek het die Woensdag die 26de April begin siek voel en die Donderdag besluit dat as ek nie beter word nie ek die dokter die Vrydag gaan sien. Die Vrydag was ek meer siek en het toe die dokter gaan sien. Ek vertel haar toe, dat ek moet die Maandag ‘n 10 kilometer hardloop wat ek graag elke jaar hardloop en of sy my nie kan help om reg te kom nie.

Sy het toe vir my ‘n goeie voorskrif gegee en ek kon toe te heerlik my wens Maandag die eerste Mei deur die liefdevolle genade van ons Here en die wonderlike ware Christen-gids wat Hy my pad langs gestuur het, die wedloop hardloop, my medalje kry en so my begeerte uitlewe.

Alles het net so mooi vir my uitgewerk.
Byvoorbeeld:
My gereelde gids Marix en haar man Hennie het vir my en Lynette die oggend voor die wedloop opgelaai, hulle twee het die dag die 21 kilometer wedloop gedoen en Lynette het my so mooi voor en na die wedloop bygestaan.

Toe ek na die wedloop so terug dink aan almal wie ons Here in my lewe vir my gestuur het om my op die dag te help en by te staan, kon ek nie anders as om daardie gedeelte in ons Here se kosbare woord weer in my hart op te roep nie:

Psalm 37:4  en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
Psalm 37:5  Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer;

Dit is vir my so heerlik om hierdie getuienis en foto’s met jou te kon deel.

Groete met Jesus liefde.
Sakkie