Hallo Sakkie
Ek het so pas jou mail gelees oor Dit Is My God wat ‘n vriend vir my aangestuur het,hy stuur gereeld vir my jou mails aan. Ek het baie jare gelede ‘n diens bygewoon wat jy in die Volle Evangelie Kerk in Secunda by Pastoor Barnard aangebied het met boodskap en sang. Jou sang en boodskap was ‘n belewenis en die nederige,eenvoudige en praktiese manier waarop dit aangebied was is iets wat ek saggies toegevou het en nou nog jare later koester. Dankie Sakkie jy het my lewe verryk en my geleer om met kinder oë na die Bybel en Evangelie te kyk. Ek het van jou sang bande gekoop en dit baie geniet maar ek het nou nie meer ‘n bandspeler nie,alles is mos nou net digitaal. Mag jy ‘n besondere dag hê en mag die HERE jou seën deur hierdie jaar.
Sarel Marais