More Sakkie ,
Ek is so bly ek het my twee probleme met jou bespreek, ek het nou vrede in my hart dat ek op die regte pad is met my siening oor al die vreemde goed.
Ek het die inligting en al jou ander e-posse baie geniet, en so baie vreugde daaruit geput om dit te lees.
Ek sien uit daarna om elke dag jou e-pos te ontvang, hou aan met hierdie wonderlike bediening wat jy van ons Vader ontvang het, en baie seën en sterkte vir jou en jou gesin.
Groet en seën
Fransie Boshoff.
Die twee gedagtes uit die Woord wat vir Fransie van nut gewees het is:
Ek is klein gedoop, moet ek weer gedoop word.
Aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is