Goeie dag!
Net om te sê: Duisend dankies vir al die insiggewende en leersame leesstukke wat u stuur.
Eers met jou vyeboom storie se verduideliking, kan ek nou vir die eerste maal verstaan hoékom Jesus die vyeboom gestraf het – dit was nooit vir my duidelik nie.
Die Van Stadensbrug episode het ook trane gebring.
Daar is diep boodskappe wat oorgedra word in bogenoemde stukke.
Ek het nagelaat om in verlede dankie vir jou te sê. Ek geniet en waardeer jou moeite om die leesstukke vir ons te stuur.
Ek glo ons sal mekaar spoedig in die Hemel sien – Die Bruidegom se koms is so naby!
Seëngroete en Shalom
Estelle Venter
Die Gedagtes uit die Woord wat Estelle van skryf is die getuienis: ‘Die Vyeboom’ asook ‘n getuienis wat ek gedeel het; ‘God is ons Trooster’ geskryf deur Benescke J van Rensburg.