DIE TWEE ‘VANDAGS’

DIE TWEE ‘VANDAGS’

Sakkie Parsons

Ek wil graag met jou deel oor die twee”vandags” wat nou die anderdag weer by my opgekom het.
Voordat ek met jou deel wat by my opgekom het, net eers dit:

Wanneer moet ‘n mens jou saak met ons Here regmaak?
Wanneer is die regte, die beste tyd?

Die antwoord is in die eerste vandag uit die Woord wat ek met jou wil deel.

HEB 3:7  Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor,
HEB 3:8  verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,

Iemand sê dalk:

“Ek is al so vêr heen.  Daar is nie meer hoop vir my nie.”

Met jou spesiaal deel ek graag die tweede vandag wat by my opgekom het.

LUK 23:42  En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.
LUK 23:43  En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.

Hierdie man was letterlik oomblikke van sy dood af weg.
Anders gestel –
Feitlik oomblikke later was hy as gevolg van sy inkeer in die paradys.

Daar is ‘n Afrikaanse gesegde wat sê:
“Waar daar lewe is, is daar hoop.”

Daarom, solank ek nog lewe kan ek nog kies waar ek die ewigheid gaan deurbring.

Ek moet nou natuurlik nie dink dat ek maar kan uitstel en uitstel, totdat dit my pas nie.
Daar is ook ‘n ander Afrikaanse gesegde wat sê:
“Van uitstel, kom afstel.”

Omdat ek nie weet wanneer my lewe hier op aarde gaan ophou nie, kan dit dalk gebeur dat my uitstel vir ewig ‘n afstel word.

As ‘n mens dan ook daaraan dink dat die besluit wat ek neem of nié neem nie, uiteindelik ook die verskil gaan wees tussen:
Om vir ewig in die hel die verskriklikste dood te sterf en tog nooit te sterf nie.

MAT 25:41  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

MRK 9:43  … in die onuitbluslike vuur,
MRK 9:48  waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

OF – om vir ewig in die hemel by ons Here te wees!

MAT 25:34  Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.

OPG 7:16  Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie;
OPG 7:17  want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.

Dan besef ek net weer, dat die mens wat verkeerd kies of die mens wat uitstel, besig is om ‘n lewensgevaarlike, ja, ‘n ewige lewensgevaarlike spel te speel.

Tog is die oplossing so eenvoudig!

HEB 3:7  Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor,
HEB 3:8  verhard julle harte nie …

Praat die Heilige Gees nie dalk vandag met jou waar jy nou hierdie skrywe aan jou sit en lees nie?

NLV:
HEB 3:7  Julle moet dus luister wanneer die Heilige Gees die volgende sê:  Vandag wanneer julle Sy stem hoor,
8   moet julle nie julle harte verhard nie..

 
 

Neem dus Jesus Christus vandag in jou hart aan as jou HERE, Redder en Verlosser en moenie uitstel nie omdat jy nie weet of vandag dalk jou laaste geleentheid mag wees nie.

Groete,
Sakkie