HOEKOM

HOEKOM

Sakkie Parsons

Baie mense wonder en het al vir my gevra hoekom tree so baie Christene nie op soos Christene nie en hoekom sukkel ons so om die wêreld vir Jesus te wen.  Dit is dan die enigste, wonderlikste en ware godsdiens wat daar is. 

As jy vir my die vraag sou vra, sal ek sonder om te aarsel jou antwoord met wat hier onder geskryf staan, wat iemand vir my gestuur het.

Ek is van gedagte, dat baie mense wat sê dat hulle Christene is, nie werklik ‘n persoonlike verhouding met Jesus het nie.
Ek het in my lewe ondervind, dat jy mense kry wat baie godsdienstig is maar terselfdertyd, ook baie vêr van God af is.

Onthou om godsdienstig te wees, maak jou nie ‘n kind van God nie.

Net so min en nou gaan ek twee Engelse woorde gebruik.  Net so min as wat dit jou ‘n motorwerktuigkundige maak, as jy  ‘n “overall” aantrek en met ‘n “spanner” in jou hand in ‘n motor werkswinkel rondloop, as jy nie ‘n motorwerktuigkundige is nie.

Daar is vandag net soos in my groot held Paulus se tyd baie godsdienstige mense.

HAN 17:22  Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is.
HAN 17:23  Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook ‘n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ‘n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.

Baie mense vandag se koppe is vol van Jesus.  Dit wil sê die kennis omtrent Hom maar daar is ongelukkig geen plek in hulle harte vir Hom nie.

Vir my persoonlik is die uitstaande kenmerk van ‘n ware Christen, die liefde en menslikheid waarmee sy/hy teenoor haar/sy naaste optree, ongeag van die statis, kultuur of ras waarin sy/hy haar/sy naaste vind as sy/hy met haar/sy naaste te doen kry.

Want die belangrikste vir elke ware Christen op hierdie aarde, is wat Christus vir ons gesê het die belangrikste is.

MAT 22:36  Meester, wat is die groot gebod in die wet?
MAT 22:37  En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
MAT 22:38  Dit is die eerste en groot gebod.
MAT 22:39  En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
MAT 22:40  Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

 

"You cannot speak that which you do not know.

You cannot share that which you do not feel.

You cannot translate that which you do not have.

And you cannot give that which you do not possess. 

To give it and to share it, and for it to be effective, you first need to have it."

 

Groete,
Sakkie