SOU IETS VIR DIE HERE TE WONDERBAAR WEES?

Sou iets vir die Here te wonderbaar wees?

Sakkie Parsons

Na aanleiding van ‘n gedagte uit die Woord wat ek uitgestuur het, met die naam van:

SAL ONS IN DIE HEMEL MEKAAR HERKEN”

wat ek ook aan jou sal stuur as jy daarna vra, skryf iemand aan my as volg:

“Ek het jou stuk gelees, ek hou van wat jy sê, maar hoe dink jy sal die volgende scenario werk:  My vrou gaan dood op ‘n jong ouderdom, ek trou weer, en nou kom ons almal in die hemel, gaan daar nie nou ‘n groot probleem wees nie?“

Hier is my antwoord aan die persoon, wat ek ook graag met jou deel.

Weet jy daar is ‘n geval in die Woord waar mense ‘n soortgelyke probleem gehad het oor iets wat Jesus verkondig en wat deel van Sy Evangelie is

Lees gou hier:

Mat 22:23-30 

23 Dieselfde dag kom daar na Hom Sadduseërs, hulle wat sê dat daar geen opstanding is nie, en vra Hom

24  en sê: Meester, Moses het gesê: As iemand sonder kinders sterwe, moet sy broer sy vrou trou en kinders vir sy broer verwek.

25  Nou was daar by ons sewe broers, en die eerste het getrou en gesterwe; en omdat hy geen kinders gehad het nie, het hy sy vrou vir sy broer agtergelaat.

26  So ook die tweede en die derde tot die sewende toe.

27  En laaste van almal het die vrou ook gesterwe.

28  In die opstanding dan, van watter een van die sewe sal sy die vrou wees—want hulle almal het haar gehad?

29  Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.

30  Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.

Met ander woorde, soos ek dit sien.

As jy dit afsny tot op die been.

Ons Here het altyd ‘n oplossing vir hierdie soort sowel as enige ander probleem, na alles is Hy mos God Almagtig en as iemand na my kom met hierdie soort, of enige ander probleem in die Evangelie van Christus, wat ek met my menslike verstand nie kan verstaan en daarom ook nie kan verduidelik nie, is ek te dankbaar om met groot sekere wete in my hart te kan antwoord.

Dit is wat ons Here in Sy Woord verkondig en verseker glo ek dit, want:

Gen 18:14  Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees?

Vir nou, omdat ek maar net ‘n mens is, weet ek.

1KOR 13:12  Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

Daarom glo ek in ons Here, soos Hy wil dat ons in Hom moet glo.

Heb 11:6  En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.

Lees hier verder, want ek wil jou iets wys.

Heb 11:7  Deur die geloof het Noag, toe hy ‘n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en ‘n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is.

Kom ons praat byvoorbeeld gou oor hierdie Noag en sy geskiedenis.

Weet jy, daar is baie mense, waarvan ook baie Christene is, wat nie glo dat Noag se ark ‘n fisiese werklikheid gewees het nie.

Want hoe op aarde, so redeneer hulle met hulle nietige menslike verstandjie, kan die hele wêreld se diere in daardie ark ingegaan het.

Sommige mense, die ongelowiges, verwerp dit summier as ‘n mite of so iets.

Sommige mense, omdat hulle sê, dat hulle mos Christinne is,  probeer allerlei verklarings, met hulle klein menslike verstandjies gee, om die menslik onmoontlike te verduidelik of te regverdig, omdat dit vir hulle net nie moontlik is, om soos Jesus se ware kinders, dit kinderlik te kan glo omdat die Woord van ons Here so sê nie.

Weet jy wat sê Jesus, God wat mens geword het self van hierdie Noag en sy doen en late;

Wel, hierdie Woord wat vlees geword het, naamlik Jesus Christus ons Verlosser en Saligmaker.

JHN 1:1  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

JHN 1:14  En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.

Wel, Jesus laat ons in geen, maar geen onsekerheid oor die waaragtigheid

van daardie gebeurtenis en dat dit plaasgevind het presies soos wat die

Woord, Sy Woord, vir ons vertel het, dat dit gebeur het nie en met groot

respek gesê.

Hy behoort te weet, Hy, God wat mens geword het  was daar.

JHN 1:2  Hy was in die begin by God.

JHN 1:3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

Jesus praat by geleentheid so oor hierdie menslik onmoontlike verklaarbare gebeurtenis, wat seker maar vir baie mense net so onmoontlik lyk soos die skynbare onmoontlike situasie wat jy hier bo geskets het.

Mat 24:37  En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die

      Seun van die mens wees.

Mat 24:38  Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Mat 24:40  Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat.

Mat 24:41  Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat.

Mat 24:42  Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.

Jy en ek, ons Here se kinders, moet in Hom en Sy Woord glo, soos wat Hy wil

dat ons in Hom moet glo.

Soos kinders.  Sy kinders, wat ons tog ook is.

Mat 11:25  In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.

Mat 11:26  Ja, Vader, want so was dit u welbehae.

So my vriend/vriendin.

Laat almal wat die Evangelie van Christus hoor, deeglik kennis neem van die volgende.

Mrk 10:15  Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.

Groete,

Sakkie

E-pos:  bediening@sakkieparsons.co.za

Webtuiste:  www.sakkieparsons.co.za

Sel:                         083 457 6669

Judas 1:24-25 „Aan Hom nou wat magtig is om  julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig,  aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid!  Amen.”

Indien u hierdie e-pos lees en wel gereëlde e-pos van my wil ontvang, stuur asseblief u volle e-pos adres in die “subject box” na:   bediening@sakkieparsons.co.za

Moet asseblief nie ‘n leë e-pos stuur nie.

Aangesien ek blind is en gebruik maak van ‘n sagteware program waar die rekenaar met my praat, sal ek nie weet of dit ‘n foto of leë e-pos is wat ek ontvang nie.  In albei gevalle sal my rekenaar net stil bly.

Sommige Gedagtes uit die Woord is ook in Engels beskikbaar.

Indien jy dit met een van jou Engelse vriende wil deel, kan jy my net vra en ek stuur dit aan jou.

Ek sal ook, as jy my vra, vir jou ‘n lys stuur van al die Afrikaanse gedagtes uit die Woord wat tot op datum vertaal is.  Waar jy dan self kan besluit watter gedagte uit die woord om met jou Engelse vriende te deel, jy van my wil bestel en dit is natuurlik alles gratis.