Nuus
Laat ek net begin om te noem, want dalk lees hier iemand wat nie weet nie - Ek is blind, daarom het ek ‘n gids nodig as ek aan wedlope deelneem. Deur die liefdevolle genade van ons Here kon ek saam met my gids, Marix Venter, op 28 Maart deelneem aan die “The Beast”...
Ek deel graag met jou dit wat in my hart opgekom het, nadat ek op 10 Januarie 2026 die “Om die dorp” 21.1 kilometer wedloop saam met my gids Dennis Frost gedoen het. Eerstens wil ek noem, dat dit ‘n baie goed georganiseerde wedloop gewees het en ek het die wedloop...
Die wedloop het plaasgevind op die 8ste November 2025 maar die 7de November het dit heerlik hard en lank gereën. Dennis Frost, my gids vir die wedloop, bel my toe die Vrydagaand en sê ek moet vir my plastiese sakke saambring om oor ons tekkies te trek tot by die...
Dankie Dat jy ook hierdie afdeling van my webtuiste besoek het en ek deel sommer vir die lekker daarvan, omdat my gids uit die tagtigerjare van die vorige eeu dit aan my beskikbaar gestel het en saam daarmee is ‘n foto oor ‘n berig wat oor my wyse van oefen met my...
Ek deel graag met jou die heerlike wedloop wat ek op 17 Mei 2025 saam met my gereelde gids Marix Venter gedoen het. Dit was ‘n liga wedloop en ons het die 10 kilometer wedloop gedoen en dit was vir my eerstens heerlik om te weet, dat ek punte vir my klub kon verdien....
GETUIENIS OOR DIE 10 KM WALLY HAYWARD OP 1 MEI 2025 Ek deel graag met jou hierdie foto’s en getuienis oor my Wally Hayward 10 kilometer wedloop op 1 Mei 2025, waarmee ek my 78ste verjaarsdag van die vorige dag, naamlik 30 April gevier het. My gereelde baie goeie gids...
Ek deel graag hier met jou ‘n paar foto’s wat die fotograaf by die Gidshond-vereniging geneem het van ons wie die 14 dae opleiding met ons nuwe gidshonde gehad het. Vir diegene wat onlangs aangesluit het, ons Here voorsien in Sy goedheid vir baie jare al vir my ‘n...
Ek het die heerlike liefdevolle genade van ons Here gehad om op Sondag 31 Januarie, by my jongste agterkleindogter se eerste verjaarsdag te wees en ek deel graag met jou hierdie foto van, my dogter, my kleindogter, my agterkleindogter en myself. PSALM 31:20 O, Hoe...
Ek deel sommer as ‘n baie trotse Oupagrootjie met jou twee foto’s, wat my skoonseun geneem het toe hy en sy vrou, my kleindogter 18 Februarie geneem het toe hulle vir my kom kuier het. Kyk net hoe wonderlik het ons Here my geseën. Groete met Jesus liefde....
Op 20 Januarie 2024 het my kleinseun Gerrie van Zyl in die huwelik getree. Hier het ek die groot voorreg om tussen hom en sy pragtige bruid te staan. Ek weet sy is pragtig, want almal het dit so aan my vertel maar ek het dit ook in haar mooi vriendelike gesindheid...









