MY GELIEFDE HET SELFMOORD GEPLEEG

Sakkie Parsons

Iemand skryf aan my dat haar geliefde selfmoord gepleeg het en hoe verwerk mens so iets.

Dit is natuurlik ‘n geweldige traumatiese tragedie as jy dit, om dit so te stel, ervaar van iemand wat jy geken het en nog oneindig meer so, deur jou wie nou die selfmoord van iemand moet verwerk vir wie jy baie lief was.

Gewoonlik sit ‘n mens met so baie vrae en soms selfs met ‘n groot stuk selfverwyt en by dit alles, as dit byvoorbeeld jou lewensmaat was,  nog al die probleme rondom die persoon se selfmoord, wat jy nou ook nog alleen moet hanteer.

Nou praat ek eers met mense wie volgelinge van Jesus Christus is.

Ek wil jou wys wat ek in die Woord vind hoe ons alles in ons lewe, en uit die verlede moet hanteer, wat ons niks aan kan doen nie en wat ek dink, die beste wyse is om met die slegte uit die verlede om te gaan – maar nie net is dit die beste wyse om daarmee om te gaan nie maar uiteindelik is dit werklik ook die enigste wyse om daarmee om te gaan.

Eers wil ek met jou ‘n bietjie deel uit die verlede van die man wie ons Here gebruik het om hierdie groot waarheid vir ons, jy en ek, te leer:

Saulus van Tarsus was ‘n groot, in sy tyd een van die grootste vervolgers van Jesus se volgelinge.

HAN 8:3  Maar Saulus het die gemeente verwoes en in die huise gegaan en manne en vroue uitgesleep en in die gevangenis oorgelewer.

Nie net het hy Jesus se volgelinge vervolg met alles wat in hom was nie.  Hy was ook medepligtig aan moord op Jesus se volgelinge:

HAN 7:58  En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig; en die getuies het hulle klere neergelê by die voete van n jongman met die naam van Saulus.

HAN 7:59  En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees!

HAN 9:1  Maar Saulus, wat nog dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here, het na die hoëpriester gegaan

HAN 9:2  en van hom briewe gevra aan die sinagoges in Damaskus, sodat as hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring.

Nie net was hy ook medepligtig aan moord op Jesus se volgelinge nie maar volgens sy eie getuienis, was hy ook ‘n moordenaar van Jesus se volgelinge:

HAN 22:4  Hierdie Weg het ek vervolg tot die dood toe, en manne en ook vroue geboei en in gevangenisse oorgegee,

HAN 22:5  soos ook die hoëpriester en die hele raad van ouderlinge my getuies is. Van hulle het ek ook briewe ontvang en na die broeders in Damaskus gegaan om ook die wat daar was, geboeid na Jerusalem te bring, sodat hulle gestraf kon word.

Dit net so ‘n bietjie agtergrond, dat jy kan sien, hoe Saulus van Tarsus  se verlede gelyk het en jy nie maklik eens naby hom kom, as dit by slegte en in sy geval, sommer bose verlede kom nie –

Maar Saulus van Tarsus neem Jesus Christus aan as sy Verlosser en Saligmaker en as Jesus se volgeling, kyk Paulus van Christus na sy verlede – en hy doen wat ‘n volgeling van Jesus Christus moet doen met alles wat sleg is in jou lewe, en in jou verlede waar jy niks meer aan kan doen nie.

Dit is ook werklik as jy dit afsny tot op die been, die enigste opsie:

Jy maak vrede met die verlede, met ander woorde jy besef, dat jy niks, absoluut niks daaraan kan doen nie en jy vergeet daarvan – soos ek jou nou uit die Woord gaan wys, dat dit met die hulp van ons Here moontlik is.

Saulus van Tarsus was, soos jy nou gelees het, volgens die Bybel en sy eie getuienis, ‘n groot vervolger en moordenaar van Jesus se volgelinge.

Toe doen hy in alle opregtheid wat ek jou gaan wys, wat jy ook moet doen en Jesus gebruik hom – en Paulus van Christus word die grootste apostel van alle tye!

Dit was vir hom seker ook nie maklik nie, omdat daar ‘n satan is wat aanhoudend ons aan die verkeerd in ons verlede herinner.

Dit is egter uiteindelik die enigste oplossing wat ons met Jesus se hulp sal regkry, as ons werklik Jesus se hulp vra en Hom dan glo en vertrou.

Paulus skryf by geleentheid en vertel ons wat hy gedoen het en wat ons natuurlik ook met groot sukses sal kan doen:

FIL 3:14  Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

Hoekom kon hy dit doen?

Want as volgeling van Jesus Christus het hy geweet en dit onwrikbaar geglo, wat jy ook moet doen:

1JHN 1:9  As ons ons sondes (in opregtheid) bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

1JHN 1:10  As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.

Terwyl jy in jou lewe hieraan werk, onthou jy dan ook, dat ons Here jou nooit gaan verantwoordelik hou vir wat jou geliefde gedoen het nie:

Ons sal almal eendag voor ons Here verskyn – maar nie om pa te staan vir wat ander mense in of om ons lewe gedoen het nie – en as ons Jesus aangeneem het as ons Verlosser en Saligmaker, sal ons ook nie veroordeel word nie maar ons sal wel beoordeel word:

1KOR 3:11-15 

11 Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.

12  En as iemand op dié fondament bou goud (wat nie verbrand kan word nie), silwer (wat nie verbrand kan word nie), kosbare stene (wat nie verbrand kan word nie), hout (wat verbrand kan word), hooi (wat verbrand kan word), stoppels (wat verbrand kan word)—

13  elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.

14  As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;

15  as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

Want jy sien, soos ek vir jou genoem het:

ROM 8:1  Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Ja! Hoe wonderlik:

JHN 1:12  Maar almal wat Hom (Jesus) aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;

Jesus, wie vir jou en my Sy lewe geoffer het, om ons by Hom te kry, sê weer vandag vir jou:

JHN 5:24 “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.”

Miskien het jy wie nou hier lees nog nie vir Jesus aangeneem as jou Verlosser en Saligmaker nie maar jy sit ook met baie selfverwyt in jou lewe en veral uit jou verlede.

Dalk sit jy met slegte gevoelens oor wat iemand in jou lewe of in jou verlede jou aangedoen het en jy vra nou dalk in jou hart maar wat moet jy doen?

Wat is die antwoord dan nou vir jou?

Wel, jy lees nou hierdie skrywe wat iemand aan jou gestuur het en deur hierdie skrywe sê Jesus in Sy groot liefde vandag vir jou:

MAT 11:28-30 

28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

29  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;

30  want my juk is sag en my las is lig.

Hoe groot is hierdie liefde waarmee Jesus, God wie mens geword het, hierdie uitnodiging aan jou gee?

JHN 15:13  Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

JHN 15:14  Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.

Die Bybel, God se woorde op papier, sê – en as jy dit lees sal jy sien, dat dit jou ook insluit:

JHN 3:16  Want so lief het God die wêreld (dit is elke mens op aarde, ook Jy) gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,  sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

JHN 3:17  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld (dit is elke mens wie Hom aanneem, ook Jy) deur Hom gered kan word.

Ek sluit dan nou hierdie skrywe aan jou af met die volgende uit ons Here se kosbare Woord:

1JHN 5:13  Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.

1JHN 5:14  En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil. (En dit is verseker, soos ek die Woord verstaan, ons Here se wil, dat satan jou nié moet kasty oor dinge waaroor jy nou geen beheer meer het nie.)

Groete,

Sakkie