News
As deel van die Agapé klub en met ‘n wonderlike gids soos Marix Venter het ek die tweede wedloop vir Run4Bibles voltooi op 30 November 2019.
Ek deel graag met jou hoe ek by Agapé klub betrokke geraak het.
Ek wou na my vrou se afsterwe in die nuwe seisoen in my lewe graag weer my lewe se drade optel en aangaan met my lewe.
Omdat ek jare gelede die langafstand wedloop sport beoefen het, wou ek weer daarmee begin.
Liewe vriende,
Ons Here was weereens so oneindig goed vir my sodat ek te midde van omstandighede, my derde Wally Hayward Wedloop kon voltooi.
Ek sê te midde van omstandighede omdat my vrou, Cornelia, net ‘n paar dae voor die wedloop na ons Here is waar sy haarself in ewige heerlikheid bevind.
Ek wil jou vertel van ‘n wilde perd wat ek opgesaal het en toe ook gery het maar eers moet jy die volgende uit ons Here se word lees naamlik : 1KOR 9:26, FIL 3:14 en HEB 12:1-3 maar ek skryf dit aaneen omdat dit in my hart vanweë hierdie skrywe in mekaar in gevloei het...