Nuus
Ek het die wonderlike liefdevolle genade van ons Here gehad om op die 26de November ‘n 10 kilometer wedloop saam met my gids Marix Venter te doen. Sy en Hennie haar man, het my die Saterdagoggend by my woonstel kom haal en weer na die wedloop by my woonstel besorg. Ek...
Hier volg nou ‘n baie kort getuienis oor die 10 kilometer wedloop van die 7de September 2024. Ek deel soos altyd vir die lekker en ook die groot dankbaarheid teenoor ons Here, dat Hy my toelaat en deur die wonderlike gids wat hy in my lewe gestuur het, so ‘n ietsie...
Ek het deur die liefdevolle genade van ons Here die groot voorreg gehad om op Saterdag 25 Mei die 11de 10 kilometer Cosmo Run saam met Marix Venter, volgens my die beste gids in die wêreld, gedoen. Ek het besluit om van nou af net in wedlope as ‘n stapper in te skryf...
Ek deel graag met jou hierdie foto’s, medalje en sertifikaat, as ‘n getuienis van hoe wonderlik ons Here my seën. Daar was oor verskeie redes ‘n kans dat ek nie hierdie wedloop sou kon doen nie - maar toe werk ons Here dit uit, dat ek die wedloop wel kon doen. Ek sou...
Ek het die heerlike liefdevolle genade van ons Here gehad om op Sondag 31 Januarie, by my jongste agterkleindogter se eerste verjaarsdag te wees en ek deel graag met jou hierdie foto van, my dogter, my kleindogter, my agterkleindogter en myself. PSALM 31:20 O, Hoe...
Ek deel sommer as ‘n baie trotse Oupagrootjie met jou twee foto’s, wat my skoonseun geneem het toe hy en sy vrou, my kleindogter 18 Februarie geneem het toe hulle vir my kom kuier het. Kyk net hoe wonderlik het ons Here my geseën. Groete met Jesus liefde....
Op 20 Januarie 2024 het my kleinseun Gerrie van Zyl in die huwelik getree. Hier het ek die groot voorreg om tussen hom en sy pragtige bruid te staan. Ek weet sy is pragtig, want almal het dit so aan my vertel maar ek het dit ook in haar mooi vriendelike gesindheid...
Ek hoop jy wat hier lees het sommer ‘n wonderlike feestyd geniet. Mag jou verhouding met ons Here hierdie jaar net nog meer verdiep. In verband met hierdie foto: Ek het myself voorgeneem dat ek ‘n foto gaan laat neem van my en Pedro (my gidshond) se 9de Nuwejaarsdag...
Ek deel graag met jou, my ondervinding van 7 Oktober 2023 se 21.1 kilometer wedloop ondervinding. Dit het baie lekker begin. Die dag was 6vm toe nog nie te warm nie maar van ongeveer 16 kilometer het dinge menslik gesproke begin verkeerd gaan. Eers het my gids se man...
Ek is ons HERE so dankbaar dat ek hierdie 10km wedloop op 2 September 2023 so kon geniet saam met my hoogs gewaardeerde gids, Marix Venter saam met haar man Hennie.[difl_justifiedgallery gallery="1784" rowheight="219" use_lightbox="on" show_content_lg="on"...